The Artist, Lilla
Marlize
Visagie is the name behind the artist, Lilla. Lilla is a nickname her older
sister gave her as a baby which stuck with her through life.
Lilla
studied art at school where the impressionists had a great influence over her,
especially William Turner and Vincent van Gogh. She matriculated from Hoër
Meisieskool Helpmekaar, Johannesburg ,
in 1986. She started her studies in Art at Pretoria Technikon the following
year. As is often the case, life took her down different roads and for a while
she stopped practising art altogether. It was only around 2012/3 that she
decided to take up both brush and pen again, devoting time to her writing and
painting.
Lilla’s
renewed explorations in art started with landscapes in acrylic. She was not
about to leave well enough be, though. She attended workshops and studied by
herself, devoting much time and energy to her rediscovered passion. It was
renowned artist Lute Vink who convinced her to take up oil painting, and she
has never looked back. “I love the qualities of oil colours and how forgiving
the medium is.”
Lilla is
inspired by South African artists Greg Schultz, Lute Vink, Tony Durrheim,
Willie Jacobs, Charmaine Gelderblom, Hester Hattingh, Koos Bronkhorst, Stan
Polson en Roelof Rossouw. International artists she draws inspiration from
include Ralph Heynen, Jimmy Longacre, Paul van Ginkel, Kelli Folsom, Darren
Baker, Tom Dorr en Donna Shiver.
Lilla’s
love of writing has already been mentioned and she is known for expressing
herself through poetry in her native Afrikaans. In 2014, she collobarated with
two more poets, Alida Marais and Mitz Malan to publish an anthology of poems,
titled Carpe Monana. Twelve of Lilla’s poems were included and the release date
for the publication is expected to be in early February 2015. All funds
generated through sales will be donated to CANSA SA.
Lilla is
from Centurion, Pretoria ,
where her only child will be finishing her high school career this year. She is
actively involved in a feeding scheme at her daughter’s school, making sure
that less privileged children are fed and taken care of.
Lilla takes
great pride in her daughter who has provincial colours in marksmanship and will
be competing at an international level in August of this year during a
competition in Britain .
Being the
wife of an expat working abroad, Lilla had experienced the need for support
first-hand. She started a support group for this group in Centurion and on
Facebook. The Centurion group has regular meetings to encourage and assist each
other.
After
painting and writing, Lilla’s greatest passion is for travelling and she has
been to Uganda , Kenia, the USA and England .
Follow this
link to see Lilla’s portfolio in the Gallery:
SOUL
(A translation of the poem SIEL, by
Lilla/Marlize Visagie)
I capture
you in words,
full stops
and commas.
I paint you
in colours
on my canvas,
the light
and shadows of my life
captured in
well-contemplated
sentences
on paper,
in nuances
of colour on fabric.
I struggle.
I drown.
You are
only three feet away
and say I
have to learn to swim ...
Copyright: Marlize Visagie
Die Kunstenaar, Lilla
“My naam is Marlize Visagie maar ek skilder onder die naam Lilla. Dit is
'n troetelnaam wat my ousus vir my as baba gegee het en almal in my
familie/vriendekring noem my dus ook so.
Ek het kuns as vak op skool gehad en die
Impressioniste soos William Turner en Van Gogh het n groot indruk op my gemaak.
Ek het 1986 by Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg gematrikuleer en in
1987 my eerste basiese jaar in Kuns aan die destydse Pretoria Technikon
voltooi. My lewe het toe ander paadjies gedraf en ek het heeltemal opgehou
skilder. Ongeveer 2 jaar gelede het die behoefte om te skryf en
skilder my egter weer oorweldig en het ek weer met Akriel verf en landskappe
begin eksperimenteer. Intussen het ek hier en daar vir n werkswinkel
gegaan en myself verder weer begin leer deur te lees en ander kunstenaars se
werke in diepte te bestudeer. 'n Paar maande gelede het Lute Vink my egter
oortuig om Olieverf aan te durf en ek het nog nooit weer terug gekyk nie. Ek is
verlief op olieverf se kwaliteite en vergewensgesindheid!
SA kunstenaars wie se werk my na aan die hart
lê is onder andere Greg Schultz, Lute Vink, Tony Durrheim, Willie Jacobs,
Charmaine Gelderblom, Hester Hattingh, Koos Bronkhorst, Stan Polson en Roelof
Rossouw.
Internasionaal waardeer ek werke van Ralph
Heynen, Jimmy Longacre, Paul van Ginkel, Kelli Folsom, Darren Baker, Tom Dorr
en Donna Shiver.
Ek het 'n diep liefde vir Afrikaans en skryf
graag poësie. Gedurende 2014 het ek, Alida Marais en Mitz Malan besluit om 'n
digbundel saamgestel uit ons drie se digwerk, die lig te laat sien. 'n
Digbundel genaamd Carpe Monana waarin 12 van my gedigte opgeneem is tesame met
hulle werke word dus vroeg in Februarie vrygestel en alle fondse wat uit die
verkoop van die bundel gegenereer word, sal ten bate van KANSA SA wees. (Ek heg
een van my gedigte aan).
Ek woon in Centurion, en het een dogter wat
tans in Matriek in Hoërskool Eldoraigne is. Ek is jaarliks betrokke by 'n
kos/geskenk pakkie projek wat ons saamstel vir minder bevoorregte kinders by
die skool.
My dogter het die laaste vier jaar haar
Provinsiale Noord-Gauteng klere verwerf in Luggeweer skiet en in 2014 ook haar
Nasionale Skole Skiet klere verwerf. Sy was ook dan een van die span kapteine
van die Nasionale Skole Skiet span wat gedurende Augustus aan die British
Junior International's in Brittanje gaan deelneem het.
Ek het 'n ontsaglike passie vir mense en
aangesien my man een van vele Expats is wat oorsee werk, het ek ook in Centurion
'n Facebook ondersteuningsgroep gestig vir al die vrouens van Expats. Ons kom
op gereelde basis bymekaar vir koffie en kuier en ondersteun mekaar emosioneel
en andersins gedurende die tye wat ons manne in die Buiteland werksaam is.
Naas skilder en skryf is reis sekerlik my
grootste passie en was ek al in Uganda, Kenia, die VSA en Engeland.”
SIEL
Ek skryf jou in woorde,
punte en komma's.
Ek teken en skilder jou
in verf op doek,
my lewe se sonlig en skadu's
opgevang in diep deurdenkte
sinne op papier,
in nuanses van kleur op materiaal.
Ek spartel.
Ek verdrink.
En jy staan 3 voet weg
en sê ek moet leer swem..
KOPIEREG
Marlize Visagie
Vlog hierdie
skakel om Lilla se volledige portefeulje in die Gallery te sien:
No comments:
Post a Comment