Search This Blog

Tuesday 6 January 2015

Hou jou paelet in toom - deur Marie Theron

HOU JOU PALET in TOOM!

Oor die jare het ek al heelwat Akrielverf palette weggegee omdat mense daarop verlief geraak het. Hierdie is ‘n lekker grote en hy gaan net hier bly. Hy is so mooi, en groet my met sy glimlag die oomblik wat dit lig raak.
  • Die eerste reel vir ‘n palet is om jou kleure elkeen hulle eie plek te gee. My boonste ry bevat my skaduwee kleure waarmee ek kleure verdonker. (Swart en Payne’s Gray kom nie naby hierdie palet nie) My skaduwee kleure is Indian Red, Winsor Violet en Prussian Blue. Links af is al my rooi en geel en oranje kleure en dit gaan om tot by wit. Aan die regterkant is al die bloue en groene en dit eindig by wit.
  • Gebruik ‘n klein paletmes wat met papierhanddoeke skoon gehou word, om kleure na die middel te sleep vir vermenging.
  • As jy klaar is , of die kleure begin set, neem die paletmes en skraap hulle plat. Laai dan nuwe kleur uit die buise bo-op die ou kleur en behou hulle plekke so.
Ek wil net graag drie uitsonderlike kleure hier noem: Zellen Pyrrole Red is die intenste rooi wat ek raakgeloop het, en Lucas nr 4866 is ‘n besondere Alizarin Crimson wat amper na maroon lyk. Die derde een wat ek van hou is aan Valencia te danke: Zellen Periwinkle Blue. (dis die mooi blou net langs my wit)

Die heerlike deel van hierdie palet is dat dit soos Merzbau is wat gedurig verander en elke dag anders lyk.
 
Geniet,
Marie Theron

Marie Theron se kuns is beskikbaar in die Gallery:

Marie het ook 'n versameling werke beskikbaar in die Made by Hand afdeling:

Marie se gunsteling 'stitched cartoons' is saamgestel in 'n verjaardag kalender en is te koop in die winkel:

Gaan kyk ook gerus na Marie se Facebook blad as jy graag wil sien wanneer nuwe werke beskikbaar word:


No comments:

Post a Comment